Thursday 9 January 2014

Wanneer raak ons hart werklik bly?

Dierbare kind van God,
Hier volg ’n gediggie wat ons waarlik kan help in moeilike situasies wat ons so dikwels beleef. Die Here gee ook hierdeur aan ons perspektief om te fokus op dié dinge wat werklik saak maak. Die sleutel Teks volg later in die gediggie vir ’n spesifieke rede. Baie seën en liefde aan julle almal. Oom Jacques en Tannie Mary.

Jesaja 51:11 ”So sal dan die losgekooptes van die Here teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.”

Kom ons begin net eers met ’n paar vrae om ons tot nadenke te stem:

• Raak ons harte net bly,
wanneer ons ons eie sin kry,
en die hoogtes van voorspoed ry?

Psalms 4:7 ”Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.”

• Of raak ons harte bly,
wanneer ons vyande en teëstanders
aan die pen ry?

Spreuke 24:17 – 18 ”As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie, dat die Here dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.

• Of raak ons harte bly,
wanneer ons sport spanne wen,
maar die oorwinning wat Christus gee,
nie ken?

Spreuke 21:31” Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die Here.”

• Of raak ons harte bly wanneer ons,
ons kinders of familie,
die hoogste sport in die lewe bereik,
en ons selftevrede
uit die hoogte van trotsheid, na andere kyk?

Lukas 9:25 ”Wat baat dit ’n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?”

• Gee hierdie paar genoemde dinge
vir ons blywende vreugde,
of is daar vir ons belangriker deugde
in die lewe?

Spreuke 21:15 ”Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen...”

• Wat bring blydskap en vreugde
in die hart van die Here?
Is dit nie wanneer ons Hom
MET ’N VOLKOME HART VERTROU IN DIE HEDE,
hier benede?

[Die Woord van die Here gee hier vir ons die sleutel!] Psalm 33:20 - 21 ”Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; WANT ONS HART IS BLY IN HOM, OMDAT ONS OP SY HEILIGE NAAM VERTROU.”

• Ons geloof in Christus, en VERTROUE,
laat ons nie onsensitief voel
oor die lewe se harde houe.

• Dit is dan wanneer ons van blydskap sing,
en die Here baie gouer vir ons uitkomste bring.
Dit laat ons gesigte straal,
soos Hy die angel, intussen, uit ons
moeilike situasies haal.

Handelinge 16:25 – 26 ”En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.”

• Kind van God: Skep moed,
want die Here is en bly vir ons,
ten spyte van wat ons beleef,
oneindig goed.
Die uiteinde gaan vir ons wees:
Heerlik en soet!”

Gedeeltes uit ’n pragtige lied:

”Kind van God wees sterk en nie mismoedig,
want weldra is die donker stryd verby...
Dan sal ons sing,
aan Jesus hulde bring,
vry van ons kommer en swaar...”

(Ek het net dit wat ek kan onthou aangehaal.)

Facebook: Jacques van der Hoven.

No comments:

Post a Comment