Wednesday 15 January 2014

Ons bid vir julle : --- 15 Januarie 2014

Ons bid dat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang.Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God wat oor die mag en die heerlikheid beskik,julle versterk en aan julle die krag gee om in alle omstandighede met geduld te volhard.Deur die Seun het ons die verlossing verkry,die vergewing van ons sondes. { Kolossense : 1 :10,11,14 }

Gebed : Here U het die mag en die krag om vir ons krag te gee om in U naam te kan leef, alles tot U heilige Naam ,Amen

No comments:

Post a Comment