Saturday 18 January 2014

n Lae selfbeeld
Dierbare kind van God,

Baie van ons sit met hierdie probleem maar nie almal verstaan waarom sulke kinders van God nie in oorwinning kan kom nie. Onthou, asseblief, elkeen van God se kinders bevind hulle op verskillende vlakke van oorwinning. So daar is diegene wat nog swak in die geloof is, maar wat stadig maar seker besig is om vordering te maak. Moenie hulle verag of veroordeel nie, want ons kan so sterk wees as wat ons wil, maar wanneer rampe en teëspoed ons tref dan verval baie weer terug ’n vlak van selfs moedeloosheid. Laat ons liewer begrip en liefde aan die swakkes bewys en hulle aanmoedig op die lewenspad. Liefde ~ Oom Jacques.

1 Korintiërs 10:12 ”Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”

• Die taal van my hart,
vertel van my smart.
Ek voel nie goed genoeg,
en dit maak my liggaamlik en geestelik,
uitgeput en moeg.

• By dit alles is daar diegene
wat my gedurig afkraak,
oor dinge wat eintlik nie heeltemal
saak maak.

• Hoe ek oor myself voel,
Word daardeur geraak ~
As ek nie voldoen aan selfs
my dierbares se smaak.

My dierbare mens,

• God het jou gemaak,
en Hy weet alles omtrent jou saak ~
Hy sien jou gedurig raak,
om jou keer op keer weer op te rig,
om te doen jou plig.

Psalms 139:15 ”My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.”

Psalms 32:8 ”Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.”

• Hy aanvaar jou net soos jy is,
en sal nooit jou lampie
wat swak brand, laat uitwis.

Jesaja 42:3 ”Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.”

• Jy is goedgekeur, en Godgekeur,
al maak mense jou ook hoe seer.
Onthou oor jou word Sy genade net soveel meer!

Jesaja 30:19 ”Jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.”

• Daar is baie wat graag 
die mond oor jou wil rek,
maar die Here sit hulle
sommer gou, op Sy eie manier,
op hulle plek.

Psalms 22:13 ”Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos ’n leeu wat verskeur en brul.”

• Jy is vir Hom kosbaar, 
en baie raar.
Daar is net een van jou,
al sou niemand van jou hou.

Jesaja 43:4 ”Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.”

• God se liefde vir jou is oneindig,
al is joune soms so weinig.
So, leun maar swaar op Hom,
wat betyds na jou sal kom,
om jou las te verlig,
en jou hoog bo jou vyande
en teëstanders op te lig.

Jesaja 42:3 ”Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.”

Jeremia 31:3 ”Die Here het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ’n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.”

Facebook: Jacques van der Hoven.

No comments:

Post a Comment