Friday 24 January 2014

Jesus se opdrag aan die dissipels: ---- 24 Januarie 2014

Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan.Toe hulle Hom sien,het hulle Hom aanbid,hoewel party getwyfel het. Jesus kom toe nader en sê hulle:"Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.
Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels:doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel
het. En onthou:Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld." { Matteus 28 :16-20}

Gebed: Here gaan met die wat U nodig het,wat siek is,en mooilike omstandighede het,wees hulle genadig en versterk hulle,Here U het die mag en die krag,U is tot alles in staat,ons vertrou op U ,glo in U tot in ewigheid ,Amen.

No comments:

Post a Comment