Tuesday 14 January 2014

Die Priesterlike Seën : -- 14 Januarie 2014
Die Here het vir Moses gesê:" Sê vir Aaron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën:
" Die Here sal julle seën
en julle beskerm;
die Here sal tot julle redding

verskyn,

en julle genadig wees;
die Here sal julle gebede verhoor
en aan julle vrede gee!
So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep,
en Ek sal hulle seën." { Numeri : 6:22-27 }

Gebed : Dankie Here vir U groot genade ,dat U vir ons sorg en beskerm elke dag met n nuwe môre, is n geskenk van U ,met al ons dank aan U ,Amen.

No comments:

Post a Comment