Saturday 18 January 2014

Die Liefde : ---- 18 Januarie 2014

Al het ek die gawe om God se boodskap te verkondig en ken ek al die geheimenisse en besit al die kennis en het al die geloof om berge te versit,maar ek het geen liefde nie,dan is ek niks.
Die liefde is geduldig,
die liefde is vriendelik,
dit is nie afgunstig nie,
is nie grootpraterig nie,
is nie verwaand nie,
Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie,
hou nie boek van die kwaad nie,
Dit verbly hom nie oor onreg nie,
maar verheug hom oor die waarheid.
Dit bedek alles,glo alles,hoop alles,
verdra alles;
En nou: Geloof,Hoop en Liefde bly,
hierdie drie en die grootste hiervan
is die Liefde! { 1 Korintiërs:13: 2,4,5,6,7,13}

Gebed : Dankie Here vir die groot geskenk wat U vir ons elke
môre gee,om te ontwaak met n nuwe dag wat ons kan beleef in
U groot liefde vir ons,ons dank U Here, om U groot en heilige naam,Amen

No comments:

Post a Comment