Sunday 5 January 2014

Gelykenis van die onkruid : - 5 Januarie 2014

Die Koninkryk van die hemele is soos n man wat goeie saad in sy land gasaai het;
Maar terwyl die mense slaap,het sy vyand gekom en onkruid onder die koringgesaai en weggegaan.
En toe die spruitjies opskiet en vrug gevorm het,toe verskyn die onkruid ook.
En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê;
Meneer ,het u dan nie goeie saai in u land gesaai nie?Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
En hy antwoord hulle ; n Vyandige mens het dit gedoen.Toe sê die
diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaar
maak?
Maar hy antwoord: Nee,dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaar maak,die koring daarmee gaan uittrek nie.
Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oes tyd sal ons vir die maaier sê: Maak eers onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand,maar bring die koring bymekaar in my skuur.

Gebed: Here dankie dat ons die goeie saad is en nie die onkruid nie,Dat ons in U naam kan leef,Amen

No comments:

Post a Comment