Wednesday 29 January 2014

Die sorge van die lewe: ----- 29 Januarie 2014

Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe,oor wat julle moet eet of drink nie,of oor julle liggaam,oor wat julle moet aantrek nie.Is die lewe nie belangriker as kos endie liggaam as klere? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie;julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
Moet julle dus nie oor môre bekommer nie,want môre bring sy eie
bekommernis.Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie."
{ Matteus 6 :25,26,34}

Gebed: Here U sorg vir die voëls daar buite,dankie om te weet dat U ons hemelse Vader ook vir ons elke dag sorg,ons moet net vertrou op U en glo in U,ons vra alles om U groot en heilige Naam,Amen.

No comments:

Post a Comment