Thursday 2 January 2014

Die Here is my Herder : - 02 Januarie 2014

n Psalm van Dawid,

Die Here is my herder,niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is,lei 
Hy my heen.
Hy verkwik my siel;Hy lei my in die spore van geregtigheid,om Sy naam ontwil.
Al gaan ek ook in n dal van doodskaduwee,ek sal geen onheil vrees nie;want U stok en U staf die vertroos my.
U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie;my beker loop oor.
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe;en sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.{ Psalm 23: 1-6}

Gebed: Dankie Here dat U ons herder is,dat U ons veilig hou en beskerm tot in ewigheid , Amen

No comments:

Post a Comment