Wednesday 5 February 2014

Die ware geluk: ----- 5 Februarie 2014

Terwyl Jesus nog besig was om te praat,het n vrou uit die menigte hardop uitgeroep en vir Hom gesê: Hoe bevoorreg is die vrou wat U in haar liggaam gedra en aan haar bors gevoed het!"
Maar Hy sê: " Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou." { Lukas 11:27,28}

Gebed:Onse Vader wat in die hemel is,dankie dat ons as U kinders genoem kan word,U sorg vir U kinders wat vertrou op U en glo in U,tot in ewigheid,Amen.

Tuesday 4 February 2014

Aan God die dank : ---- 4 Februarie 2014

En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen,bemoedig en sterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader.Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade n blywende troos en goeie hoop gegee."{Tessalonisense 2:
16-17}

Gebed :Here U genade,liefde en hoop in ons, is baie groot en sterk ons dank U o Heer vir U genade en gawes wat ons ontvang van U,om U groot en heilige Naam ,Amen

Monday 3 February 2014

Wys my die pad wat ek moet loop: ---- 3 Februarie 2014

Hoor,my gebed,Here,luister tog na my smeking.
U is getrou en regverdig,antwoord my tog!
Laat my elke môre U liefde ondervind.
Leer my om U wil te doen,want U is my God!
Laat U goeie Gees my op n gelyk pad lei.
Ter wille van U Naam,Here,Laat my lewe.
{ Psalm 143: 1,8,10,11}

Gebed:Onse Vader wat in die hemel is, U is ons alfa en omega,die begin en die einde,dankie dat ons kan lewe in U Liefde en genade,tot in ewigheid,Amen

Saturday 1 February 2014

Afhanklikheid van God : ----- 1 Februarie 2014

Kom nou,julle wat sê;" Vandag of môre sal ons na die stad toe gaan en n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.
Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle ismaar damp wat n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.
Julle moet eerder sê: As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.{ Jakobus 4:13-15}

Gebed: Here net U weet wat die dag van môre gaan op lewer,ons toekoms,en lewe is in U hande,dankie vir elke dag wat ons in U naam kan leef,Amen

Friday 31 January 2014

Net by God vind ek rus : ------- 31 Januarie 2014

Net by God vind ek rus,want op Hom vertrou.
Net Hy is my rots en my redding,my veilige vesting,sodat ek stewig staan.
God is my redding en my krag,Hy is my rots,my sterkte,
God is my toevlug.
Vertrou altyd op Hom,my volk,stort julle hart voor Hom uit!
God is vir ons n toevlug. { Psalm 62: 6-9}

Gebed: Here U is ons toevlug,by U kry ons hulp en beskerming,by U
is ons veilig,U krag en goedheid is tot in ewigheid,Amen

Wednesday 29 January 2014

Die sorge van die lewe: ----- 29 Januarie 2014

Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe,oor wat julle moet eet of drink nie,of oor julle liggaam,oor wat julle moet aantrek nie.Is die lewe nie belangriker as kos endie liggaam as klere? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie;julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
Moet julle dus nie oor môre bekommer nie,want môre bring sy eie
bekommernis.Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie."
{ Matteus 6 :25,26,34}

Gebed: Here U sorg vir die voëls daar buite,dankie om te weet dat U ons hemelse Vader ook vir ons elke dag sorg,ons moet net vertrou op U en glo in U,ons vra alles om U groot en heilige Naam,Amen.

Tuesday 28 January 2014

Die Here hou my lewe in stand : ----- 28 Januarie 2014

Maar vir my help God altyd,die Here hou my lewe in stand.
Laat die onheil wat my teëstanders beplan,op hulleself neerkom.
U is getrou: vernietig hulle.Dan sal ek offers aan U bring,selfs meer
as wat U vra,ek sal u Naam loof,Here,want U is goed.
U het my uit elke benoudheid gered en my oor my vyande laat triomfeer.

Gebed: Here U is die een wat ons lei elke dag van ons lewe,en U gee ons krag en versorg ons,tot eer van U Naam,Amen