Tuesday, 31 December 2013


Dankie aan almal wat die Blog" Dagboek vir ons " ondersteun het deur die jaar en mag julle 2014 n voorspoedige en geseënde jaar he,mag die Here julle seën.
God gee oorwinning aan sy volk: - 31 Desember 2013

Maak oop die poorte dat die nasie wat gered is, kan ingaan
die nasie wat aan God gehoorsaam is,En wat op Hom vertrou.
Gee aan hulle vrede en voorspoed,Here want hulle het hulle
vertroue in U gestel.

Gebed: Here hier waar ons n nuwe jaar in gaan,dat ons die jaar kan begin in U Naam,dat U ons sal seën en vrede en voorspoed gee,ons vertrou op U,glo in U ,dank U o Heer,Amen

Monday, 30 December 2013


Ouers en Kinders: - 30 Desember 2013

Kinders,wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam,want dit is wat die wet van God vereis.Eer jou vader en jou moeder" is n baie belangrike gebod.En daar is nog n belofte by: sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
En vader,moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie,maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil. ( Efesiërs : 6:1-4 )

Gebed: Dank die Here,want aan U behoort die Koninkryk en die krag en die Heerlikheid tot in ewigheid,Amen .

Sunday, 29 December 2013



Die grootste Gebod: - 29 Desember 2013

Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod.En die tweede wat hier mee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhe soos jouself.In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat. (Matteus:22:37-40)

Gebed: Dankie Here vir U groot Liefde vir ons,en om te weet dat U altyd daar sal wees vir ons, Ons vertou op U, en glo in U, om U groot en Heilige Naam ,Amen

Saturday, 28 December 2013


Dien die Here met blydskap: - 28 Desember 2013

Juig tot eer van die Here.almal wat op die aarde is!
Dien die Here met blydskap!
Kom voor Hom met gejubbel!
Erken dat die Here God is,
Hy het ons gemaak, en ons is Syne,ons is Sy volk,
Sy eie kudde.
Want die Here is goed,aan Sy liefde is daar geen einde nie.
Sy trou duur van geslag tot geslag.

Gebed: Dank die Here en prys Sy Heilige naam tot eer van God,Amen.

Friday, 27 December 2013


Net by God vind ek rus: - 27 Desember 2013

Net by God vind ek rus,want op Hom vertrou ek.
Net Hy is my rots en my redding,my veilige vesting,sodat ek stewig
staan.
God is my redding en my krag, Hy is my rots,my sterkte.
God is my toevlug.
Vertrou altyd op Hom,my volk,stort julle harte voor Hom uit !
God is vir ons n toevlug.( Psalm 62:6-9)

Gebed: Die Here sal julle seen en julle beskerm,die Here sal tot julle redding verskyn,en julle genadig wees ,die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee tot in ewigheid Amen.

Thursday, 26 December 2013



Die Doop van Jesus: - 26 Desember 2013

Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop,en tewyl Hy staan en bid,het die hemel oop gegaan`en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos n duif op Hom neergedaal.Daar was ook n stem uit die hemel: " Jy is my geliefde Seun Oor Jou verheug Ek My.( Lukas: 3:21,22 )

Gebed: Al die eer kom U toe,Jesus seun van God ,want deur u en tot U is ons in staat tot alles,deur U mag en Liefde,Dank die Here,Amen.

Wednesday, 25 December 2013




Geboorte van Jesus: - 25 Desember 2013

Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: Julle sal n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in n krip le.Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het. Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip le.Lukas:2:11,12,15,16

Gebed: Ons vier vandag fees die geboorte van Jesus,dank God vir sy Seun wat Hy vir ons gestuur het,Die Here sal julle seen,en julle
beskerm tot in ewigheid Amen.

Tuesday, 24 December 2013


                        Geseende Kersfees aan almal wat die Blog besoek.
                                    Mag die Here julle beskerm , seen.

Monday, 23 December 2013


Die geboorte van Jesus word aangekondig: - 23 Desember 2013

Die engel se toe vir haar"Moenie bang wees nie,Maria,want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en n seun in die wereld bring,en jy moet Hom die naam Jesus gee.Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word.Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee , en Hy sal koning oor die nageslag van Jacob heers tot in ewigheid.Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.Lukas:1:30-33

Gebed:Dankie Here God vir U seun Jesus wat gebore is en gesterf
het aan die Kruis vir ons sondes,ons Geloof is in U o Heer tot in ewigheid ,Amen.

Sunday, 22 December 2013


Aan U naam kom die eer toe: - 22 Desember 2013

Nie aan ons nie,Here, nie aan ons nie,maar aan U naam kom die eer toe,want dit is U wat Liefde en trou bewys. 
Mag die Here julle seen,Hy wat hemel en aarde gemaak het.
Psalm:115:1,15

Gebed: Here U is die een wat al die eer toe kom,ons se Dankie dat 
ons so Vader soos U kan he,wat vir ons lief het, en sorg elke dag van ons lewe op aarde,alles om U groot en heilige naam,Amen.

Saturday, 21 December 2013


My lewe is in U hande: - 21 Desember 2013

Betuig julle liefde vir Hom,julle almal wat die guns van die Here geniet.Die Here beskerm die wat aan Hom getrou is,
maar die wat teen Hom opstandig is,straf Hy swaar.
Wees dus sterk en hou goeie moed,julle almal wat julle vertroue 
in die Here stel. Psalm: 31:24,25

Gebed: Dankie vir nog n dag,met al ons liefde aan U ,ons Hoop is op U ,ons vertoue is in U,prys die Here tot in ewigheid Amen.

Friday, 20 December 2013

Aan God die eer: - 20 Desember 2013

O dieptevan die rykdom en wysheid en kennis aan God !
Hoe ondeurgronlik is sy oordeel,hoe onnaspeurlik sy wee !
Wie ken die bedoeling van die Here?
Wie gee Hom raad ?
Wie bewys Hom n guns,sodat Hy verplig is om iets terug te doen ?"
Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge,
Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid Amen.
Romeine: 11 :33-36

Gebed:Ons dank God dat Hy in beheer is van alles,glo in God en vertrou op God,dank die Here vir elke dag wat ons het om te kan leef in Sy naam,Amen.

Thursday, 19 December 2013

Dankie vir die belangsteling in die blog,mag die Here jul seen.

Moenie Twyfel nie: - 19 Desember 2013

Maar mens moet gelowig bid en nie twyfel nie,want iemand wat twyfel ,is soos n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late,moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.
Jokobus: 1:6-8

Gebed:Here gee ons vandag die krag,genade,wysheid en n helder verstand ,om in U te kan glo en nie hoef te twyfel nie. Dankie ook vir alles wat ons uit U Vader hand uit ontvang. Amen

Wednesday, 18 December 2013


Geboorte van Jesus : - 18 Desember2013

Sy (Maria) sal n Seun in die wereld bring,en jy moet Hom Jesus noem,want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gese het,vervul sou word.
Die Maagd sal swanger word en n Seun in die wereld bring en hulle sal Hom Immanuel noem" die naam beteken God by ons".
Matteus 1:21-23.

Gebed: Dankie Jesus dat U ons verlosser is en dat U gebore is ,gesterwe het aan die Kruis vir ons sondes om die ewige lewe te kan be-erwe tot in ewigheid Amen.

Tuesday, 17 December 2013



Die Here sorg: - 17 Desember 2013

Dit is die Here wat sorg
vir die wat Hom eer,
die wat op sy mag vertrou
om hulle van die dood te red
en hulle in die lewe te hou,
in hongersnood.
Ons vertrou op die Here:
Hy is ons hulp en ons beskermer.
Psalm 33:18,19

Gebed: Vader gee ons vandag ons daaglikse brood,met U wil en U
krag is ons in staat tot alles,dank die Here,Amen

Monday, 16 December 2013

Enige iemand is welkom om die blog te besoek tik in by opmerkings: 1 Besoek - 1
Amen ,Dankie Mag die Here jul seen.

Die Here is my herder - 16 Desember 2013

n Psalm van Dawid.

Die Here is my herder,
ek kom niks kort nie.
Hy laat my in groen weivelde rus,
Hy bring my by die waters
waar daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van Sy Naam.

Selfs al gaan ek deur donker dieptes.
sal ek nie bang wees nie,
Want U is by my,
In U hande is ek veilig.

U goedheid en Liefde
sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees,
in die huis van die Here
tot in lente van dae.Psalm 23:1-4,6

Gebed: Dank die Here vir nog n dag, en om te weet ons is veilig in U hande tot in ewigheid Amen.

Friday, 13 December 2013

                                               
                                  Die Liefde


Welkom by die nuwe blog van " Dagboek vir ons"